BROKKIES | NUUS
Die kompetisie plaas ook klem op die rol wat jong boere as leiers in hul gemeenskappe en die breër landbousektor speel.
TWEE UITEENLOPENDE BOERDERYE MET EEN DOEL
Richard en Anton boer met verskillende produkte en onder uiteenlopende omstandighede. Richard se fokus is op appels en pere in die Wes-Kaapse vrugtebedryf, terwyl Anton’ n gemengde onderneming met graan en Angusbeeste op die Mpumalanga-Hoëveld bestuur.
“’ n Nuwe geslag produsente kombineer gevestigde landboukennis met moderne denke, tegnologie en strategiese leierskap.”
Ten spyte van hierdie verskille deel hulle’ n sterk fokus op groei, goeie bestuur en die volhoubare ontwikkeling van hul ondernemings en mense.
Hul provinsiale oorwinnings plaas nie net die kollig op hul eie boerderye nie, maar ook op’ n nuwe geslag produsente wat gevestigde landboukennis met moderne denke, tegnologie en strategiese leierskap kombineer.
Later vanjaar sal Richard die Wes-Kaap en Anton Mpumalanga verteenwoordig wanneer Suid-Afrika se voorste jong boere om die Toyota SA / Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar-titel meeding.
JUN 2026 GROND TOT MOND 23