Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 14

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Grensmure en die buitemure van jou huis kan’ n oogseer wees as die mure nie tydens die oorspronklike bouwerk behoorlik geseël is nie. Vog wat in die mure intrek, verf wat borrel en afskil, is maar enkele van die probleme wat algemeen voorkom en tot groot skade kan lei.

Stap een is die grootste, maar belangrikste deel: voorbereiding. Verf misluk nie sommer vanself nie. In die meeste gevalle is dit swak voorbereiding wat tot verdere probleme lei, waarna’ n mens ongelukkig is oor die verfafwerking. Die geaffekteerde area moet behoorlik skoongemaak word deur verf met’ n staalborsel en hoëdrukspuit tot op die rou pleister te verwyder. Met die pleister blootgestel, moet dit genoeg tyd gegun word om droog te word. Baie nat pleister kan tot 30 dae neem om behoorlik droog te word. Wit soutuitslag, ook bekend as effloressensie, of muf moet verwyder word voordat nuwe verf aangewend word.

14 GROND TOT MOND JUN 2026