Grond tot Mond June July 2024 | Page 7

DEUR DIE LENS
DROOGDRUIWE OP BOPLAAS ( Rostra Grapes ) Klawer , Wes-Kaap
Boplaas produseer organiese droogdruiwe op 45 hektaar . Hulle het hul eie droogbane waar die druiwe in die son gedroog word totdat dit perfek is vir verwerking . Hulle voorsien hoofsaaklik aan Pepsico , Red Sun en , van vanjaar af , ook Carpe Diem , wat veral organiese rosyntjies bemark .
Die uitdagings om rosyntjies organies te verbou is groot , veral met die wisselende weerstoestande . Maar Boplaas het dit reggekry om die proses meer koste-effektief te maak met die kennis wat hulle oor die jare opgedoen het . Alhoewel dit tussen 20 % en 30 % duurder is as gewone produksiemetodes , is die 25 % -premie wat hulle op die produk kry , die ekstra moeite werd .
Met die gesondheidsvoordele van rosyntjies , het die fokus verskuif van vars druiwe na hierdie gedroogde lekkernye . Selfs die rosyntjies wat gepit is , word vir dierevoer gebruik , wat ' n groot bron van energie en voeding bied , ondanks die feit dat dit nog nie amptelik as veevoer erken word nie .
Vanjaar was die weer besonder gunstig vir die rosyntjieprodusente , en ' n rekordoes word verwag . Die werkers op Boplaas is hard besig om die oorvloedige oes te verwerk , en daar heers groot opwinding oor die sukses wat voorlĂȘ . Die toekoms lyk blink vir hierdie gesonde en smaaklike produk .
Foto : Mia Truter miatruter . photo @ gmail . com
JUN | JUL 2024 GROND TOT MOND 7