Grond tot Mond June July 2024 | Page 6

BYDRAERS

BYDRAERS

GRIET DU PLESSIS | REDAKTEUR Griet beskryf haarself as ‘ n bemiddelaar om ander se stories te vertel . Ná haar graad by die Universiteit Stellenbosch het sy 10 jaar lank in plekke soos Namibië , Mauritius en VAE aan haar kommunikasievaardighede geslyp . Terug in SA het sy gehelp om een van die land se grootste landboukundige handelsmerk-identiteite te ontwikkel . Hierdie ondervinding en die feit dat sy ‘ n boer se dogter is , versterk haar belangstelling in en besorgdheid oor die daaglikse uitdagings en keuses van die landbougemeenskap – die sout van die aarde .
HEIN EKSTEEN | SKRYWER Hein versamel verhale tydens sy omswerwings en hou by die woorde van Lee Marvin in Paint Your Wagon , “ I ’ ve never seen a sight that didn ’ t look better looking back .” Hy is gebore en getoë in die Wes-Kaap , maar reis kruis en dwars deur Suider-Afrika in sy soektog na stories . Die skryfgogga het reeds op laerskool gebyt toe hy ‘ n boekprys vir van sy opstelle gewen het . Aangesien hy in geen ander vakke uitgeblink het nie , betree hy noodgedwonge die troebel water van vryskutskryf .
DANIE KEET | SKRYWER Danie is ‘ n bekroonde joernalis met drie dekades as nuusjagter op sy kerfstok . Sewe jaar as redakteur van ‘ n gemeenskapskoerant het hom ‘ n spesiale voorliefde vir plaaslike nuus gegee . Mense en die dinge wat hulle motiveer , fassineer hom , maar hy is net so lief vir stories oor wyn , reis , die omgewing of om verborge feite uit te snuffel . “ Van my grootste en lekkerste uitdagings as joernalis , is om tyd in die buitelug by mense met ‘ n diepgewortelde liefde vir die natuur te spandeer , en om hulle gevoelens en ervarings te verwoord .”
SONJA VAN HUYSSTEEN | ONTWERPER ’ n Talentvolle ontwerper met ’ n oog vir detail en ’ n kennis van die uitleg van alle en enige inhoud – oordadig of simplisties . Die oorsprong van Sonja se kreatiwiteit kom uit haar liefde vir mode . Kleure , tekstuur , vorm en uniekheid . Wanneer sy nie besig is met grafiese ontwerpe nie , bring sy haar tyd deur saam met die mense wat vir haar belangrik is .
MICHEL DEI-CONT | FOTOGRAAF Op ’ n vroeë ouderdom het Michel reeds sy passie vir fotografie ontwikkel . ’ n Loopbaan wat redaksioneel van aard begin het , het uitgebrei na sport en landskappe . Hierdie diverse opleiding gee hom die nodige voordeel om van Suid-Afrika se mooiste tonele af te neem . Elke projek bring ’ n nuwe uitdaging wat ook sy kreatiwiteit prikkel . Die vermoë om die kyker se lewe te verryk is sy dryfkrag om ‘ n perfekte foto te skep .
Uitgewer : Meta Publishing Pty ( Ltd ) Redakteur : Griet du Plessis | griet @ grondtotmond . co . za Skrywers : Hein Eksteen , Danie Keet en Griet du Plessis Fotografie : Michel dei-Cont en Mia Truter Hoof van uitleg en ontwerp : Sonja van Huyssteen Ontwerp : Xseeds Brand Growers www . xseeds . co . za Kantoorbestuurder : Judy-Anne Gone Advertensieverkope : Anke Worthington , 082 399 6438 , anke @ grondtotmond . co . za | Magdel Pienaar , 084 491 0608 , Magdel @ meta-media . co . za | KONTAK ONS : Kantoorbestuurder : Judy-Anne Gone , 021 882 8591 , judy @ meta-media . co . za , Hertestraat 7 , Stellenbosch , 7600
Kopiereg Grond tot Mond Junie / Julie-uitgawe : Alle artikels , foto ’ s en inligting hierin bevat , behoort aan Meta Publishing Pty ( Ltd ) en mag nie sonder toestemming herdruk of gebruik word nie . Die opinies wat uitgespreek word in hierdie publikasie is die van die skrywer en is in geen verband die offisiële opinie van Meta Publishing Pty ( Ltd ) of van die handels-merk “ Grond tot Mond ” nie .
6 GROND TOT MOND JUN | JUL 2024