Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 95

NUUS | BROKKIES

619 kW

Hierdie brute krag maak die John Deere 9RX 830 een van die mees formidabele trekkers in sy klas. Dié krag kom uit’ n 18-liter JD18-enjin wat 830 perdekrag lewer.

Finansiering en die pad vorentoe

Vir boere wat belangstel om hul bedryf met hierdie tipe tegnologie te transformeer, is John Deere Finance beskikbaar om finansiële oplossings op maat aan te bied. Dit maak dit vir produsente moontlik om toegang tot die nuutste toerusting te verkry sonder om kontantvloei op die spel te plaas – nog’ n manier waarop John Deere en sy vennote boere ondersteun om vorentoe te beweeg.

Bykans 300 boere en landboubelanghebbendes het die geleentheid bygewoon. In sy toespraak het Ferdie Pieterse, besturende direkteur van Senwes Equipment, beklemtoon dat Senwes nie net vorentoe dink nie, maar aktief vorentoe beweeg.“ Senwes het nog altyd nuwe grond gebreek, maar vandag los ons nuwe spore. Spore wat wys waarheen die toekoms van landbou beweeg – met groter doeltreffendheid, tegnologie en ondersteuning.”

48 GROND TOT MOND JUN | JUL 2025