Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 88

OAKBERRY HILL | BLOUBESSIES

Een vrou, baie bessies

Bianca Swart vestig haar boerdery sonder om skuld te maak

Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter

AREA: Langkloof, Joubertina, Oos-Kaap. OPSOMMING: Bianca Swart boer met bloubessies én Dexter-beeste. Sy verbou verskeie bloubessiekultivars soos Sky Blue en Legacy.

Om vrou alleen’ n nuwe boerdery aan die gang te kry en dit in die uitdagende bloubessiebedryf is nie vir enigeen beskore nie. Maar sodra jy’ n paar minute in Bianca Swart se geselskap is, weet jy sy kan en sy wil. Die plaas Oakberry Hill is in die Langkloof geleë en beslaan sowat 39 ha grond. Dit is klein in landbouterme maar genoeg om’ n winsgewende bessiebedryf te begin en vol te hou. Van die grond strek oor die berg oorkant Oakberry Hill en sy moet sowat sewe kilometer ry om haar bye soms daar te gaan bêre. Sy het die byekorwe self gebou.