Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 72

BROKKIES | NUUS

Vars produkte verloor na dit gepluk is hul natuurlike beskerming en raak uiters vatbaar vir bederf, veral in vervoer en stoor. Swampe wat in hierdie toestande floreer, veroorsaak groot verliese, veral in bederfbare gewasse soos bessies, druiwe en sagte vrugte. Volgens die VN se voedsel- en landbou-organisasie is dit een van die mees dringende uitdagings in wêreldvoedselvoorsiening.

Die kern van die vennootskap is die kombinasie van Biotalys se AGROBODY™-tegnologie, wat proteïengebaseerde biobeheeroplossings bied, en AgroFresh se dekades lange ervaring met varsprodukhantering. Die doel is om’ n meer volhoubare alternatief tot chemiese middels te bied wat varsheid verleng, voedselverlies beperk en produsente wêreldwyd bevoordeel.

14 % van vars produkte wêreldwyd word verlore tussen oes en winkelrak, meestal weens bederf en swamverrotting.

Biotalys se uitvoerende hoof, Kevin Helash, noem dit’ n“ belangrike uitbreiding” na die $ 300 miljoen-mark vir naoes swamdoders. AgroFresh se Clint Lewis sien dit as’ n geleentheid om hul innovasie-pyplyn te verbreed en die varsproduksektor met groener tegnologieë te versterk.

Hierdie vennootskap wys hoe wetenskap, tegnologie en samewerking gebruik kan word om minder kos te mors en beter toegang tot gesonde, vars voedsel te verseker.

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 37