familie saamkom, herinneringe deel en hande vat rondom iets wat veel meer is as net kos. Hoewel dit al hoe minder algemeen geword het dat jagters self hul wildsvleis verwerk, leef dié tradisie steeds sterk voort in huise waar die waarde van handewerk, tyd en familie nog tel. Vir dié wat hul eie vleis verwerk, is dit nie net oor smaak of koste nie – dis oor verbintenis, oor stories wat in vleis gesny word en oor die trots om iets met jou eie hande te skep.
Dewald Burger,’ n werknemer van Agrimark in Malmesbury, vertel dat elke jagtog op sy eie manier spesiaal is.
“ Vir my is dit die lekkerste om met die karkasse by die huis te kom en dan’ n hele familieding daarvan te maak.
“ Ek het as klein seuntjie op my oupa se plaas in die Karoo geleer hoe om bokke se velle af te trek en die karkas uitmekaar te haal. Dan het ons familie almal bymekaar gekom en vir’ n hele naweek lank vleis gewerk. As tjokker het my oupa vir my’ n lekker snymes in die hand gestop en mooi gewys hoe die vleis van die been gesny moet word nadat die bok opgesaag is.