Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 119

SEKURITEIT | VEEDIEFSTAL

Voorgestelde regulasies oor diere-identifikasie, wat op 4 April 2025 in die Staatskoerant gepubliseer is, het wyd reaksie ontlok. Volgens’ n verklaring deur die RPO is die voorstelle tot wysiging van die Wet op Diereverbetering, 1998( Wet 62 van 1998), met groot skeptisisme begroet. Die grootste teenkanting spruit uit die praktiese uitvoerbaarheid van die voorstelle en die feit dat dit op die“ verkeerde wet” toegepas word.

Dr. Pierre van Rooyen, voormalige uitvoerende hoof van Stamboek SA, sê die Diereverbeteringswet is uitsluitlik van toepassing op die stoetbedryf in Suid- Afrika, en nie op die identifikasie van kommersiële diere nie.

“ Regulasies rakende die identifikasie en beheer van diere behoort eerder onder die Wet op Diereidentifikasie te ressorteer.”

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die RPO, het ernstige twyfel oor die haalbaarheid van die voorgestelde regulasies.

“ Dit maak min sin vanuit’ n kommersiële oogpunt. Wie gaan al die diere in die uitgestrekte kommunale gebiede van die land merk, en wie gaan daarvoor betaal?” vra hy.