Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 88

GOEDE HOOP SITRUS

Bo: Goede Hoop Sitrus se logistieke proses verseker dat sitrusprodukte veilig en doeltreffend na die hawens beweeg vir uitvoer.

te voldoen, word nagegaan. Alle kratte word elektronies in die sagtewarestelsel onder elke produsent se unieke vrugrekeningnommer geregistreer om volledige naspeurbaarheid te verseker.

Vanaf die OIS word die vrugte na die“ drench” vervoer, waar dit die eerste geregistreerde chemiese naoesbehandeling ontvang. Daarna word die vrugte toegelaat om af te droog voordat dit, waar van toepassing, na opkleurkamers verskuif word om die vereiste kleurontwikkeling te bevorder.

Sodra die vrugte op die stelsel beskikbaar is, word dit aan’ n spesifieke pakhuis toegeken. Pakhuisbestuurders gebruik hierdie inligting om voorraadvlakke te monitor en paklopies volgens markvereistes, beskikbare kapasiteit en bemarkingsbehoeftes te skeduleer. Nadat’ n paklopie geskeduleer

88 GROND TOT MOND JUL 2026