GOEDE HOOP SITRUS
sterker, volhoubare verhoudings met sleutelinvoerders en kleinhandelaars te ontwikkel, eerder as om op korttermyntransaksies te fokus.”
Wayne Murray, GHS se bedryfsbestuurder, vertel dat hulle internasionale markte, waaronder Europa, die Verenigde Koninkryk, Kanada en die VSA, bedien. Die bestemming van die vrugte word bepaal deur vaste programme, markvereistes, vrugkwaliteit, grootteprofiele, logistieke oorwegings en marktoestande.
“ Goede Hoop Sitrus se mense is altyd gereed om te help. Of dit nou met verpakking, bemarking of tegniese raad is, hulle is altyd bereid om die pad saam met ons te stap.”— Nicolai Lubbe
“ Elke mark of kliënt het unieke voorkeure en ons probeer die produk so akkuraat moontlik by daardie behoeftes pas.”
Tradisionele variëteite soos Navel- en Valencia-lemoene uit die Wes-Kaap bly belangrike produkte en groot omsetdrywers vir produsente in die Citrusdal-vallei. Aan die sagtesitruskant is daar toenemende belangstelling in laatmandarynvariëteite wat goeie smaakprofiele, kleur, lang raklewe en pitloosheid kombineer.
ELKE VRUG AAN WÊRELDSTANDAARDE GEMEET
In die ruim en ultramoderne pakstoor verduidelik Wayne die proses vanaf ontvangs tot verspreiding. Hy beklemtoon die belangrikheid van gehalte en dat elke vrug aan internasionale standaarde moet voldoen. Aspekte soos kosmetiese afwykings, algemene voorkoms, interne vrugkwaliteit en VKM-evaluerings om aan wetgewing van die Europese Unie
JUL 2026 GROND TOT MOND 87