Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 56

NUUS | BROKKIES

Leierskap plaas jong boere in die kollig

Richard Hutton-Squire en Anton Pelser se fokus op mense, bestuur en volhoubare groei het aan hulle provinsiale jongboertitels besorg.

Deur Clivé Burger

Richard Hutton-Squire van Grabouw is in Junie as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2026 aangewys, terwyl Anton Pelser van die Hendrina-distrik op 28 Mei as Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar gekroon is. Die twee jong produsente uit uiteenlopende boerderygebiede sal later vanjaar hul provinsies in die Toyota SA / Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaarkompetisie verteenwoordig.

Richard Hutton-Squire in die boorde van Hutton-Squire Farms.

56 GROND TOT MOND JUL 2026