NUUS | BROKKIES
Daidoh Championship Mohair Awards
• 1ste plek: Borden Farming CC, Lloyd Short
• 2de plek: David Short Farming CC, David Short
• 3de plek: P. F. Webber, Paul Webber
• 4de plek: Slater Nel Edms. Bpk., Schalk en Andreas Nel
• 5de plek: FEC Farming( Pty) Ltd, Fred Colborne
Miyuki Awards
• Algehele kampioen: Van Hasselt Farming
• Reserwe-algehele kampioen: JPM Nortje
• Kampioen-somerskeersel: FEC Farming
• Reserwekampioen-somerskeersel: Delport Broers
• Kampioen-winterskeersel: Gert Jordaan Familie Trust
• Reserwekampioen-winterskeersel: Sarel du Plessis Mohair South Africa het ook die nuwe Mohair Excellence Awards ingestel om uitnemendheid in supersomerboklamhaar te erken. Tien finaliste het om’ n pryspoel van R110 000, geborg deur SAWAMBA, meegeding.
’ N VESEL MET’ N TOEKOMS
Die konferensie se kernboodskap was duidelik: Suid- Afrikaanse sybokhaar is klein in volume, maar groot in invloed. Dit kom uit’ n geharde landskap, gaan deur vaardige hande en dra’ n verhaal wat internasionale kopers toenemend wil hoor. Hobson het produsente se rol soos volg opgesom:“ Julle bewaar erfenis, onderhou landelike gemeenskappe en produseer’ n vesel wat reg oor die wêreld bewonder word.” Suid-Afrikaanse sybokhaar is daarom meer as net’ n vesel. Karoogrond, vakmanskap, herkoms, verantwoordbaarheid en menslike inspanning word daarin saamgespin.
54 GROND TOT MOND JUL 2026