Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 53

BROKKIES | NUUS

gesê studente moet nie net oor sybokhaar leer nie, maar self daarmee werk. Só kan’ n nuwe geslag ontwerpers gevorm word wat verstaan hoe materiaalkeuses produsente, werkers, diere, landskappe en gemeenskappe raak.

WAARDE IN ELKE STEEK

Die werksgeleenthede wat deur sybokhaar geskep word, strek verder as die plaashek. Die waardeketting sluit skeerders, sorteerders, makelaars, verwerkers, spinners, kleurers, ontwerpers, breiers, wewers en klein vervaardigers in. Warner het verduidelik dat handbreiwerk, hoewel klein in volume, internasionale invloed het. Breiers deel gare, patrone en voltooide produkte aanlyn, waardeur die verhaal van Suid-Afrikaanse sybokhaar wêreldwyd versprei. Adele Cutten van Adéle’ s Mohair het die menslike waarde van handvaardigheid beklemtoon. Vroue wat sonder formele opleiding saam met haar werk, verdien deur hul vaardighede’ n inkomste en groter waardigheid. Beauty Mokgwamme van die Mohair Empowerment Trust het ook terugvoer oor bemagtigingsprojekte gegee. Die trust help ontwikkelende produsente om angorabokke aan te skaf. Produsente betaal oor vyf jaar’ n gedeelte van hul sybokhaarinkomste terug, waarna die kudde aan hulle behoort. Die grootste deel van die inkomste bly intussen by die produsent om die bokke te versorg en die onderneming te ontwikkel.

WENNERS IN DIE KOLLIG

Die konferensie het erkenning gegee aan produsente wat Suid-Afrikaanse sybokhaar se standaarde hoog hou.

JUL 2026 GROND TOT MOND 53