Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 13

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Medal Paints se Evercure EM22 en Everbond is twee beproefde produkte wat waterlekke help voorkom. Evercure EM22 is’ n vogversperringsmiddel met’ n sementbasis wat die oppervlak penetreer en’ n stewige, ondeurdringbare laag vorm. Everbond is’ n veselversterkte waterdigtingsverseëlaar. Dit is UV-bestand en nie giftig nie, en kan dus veilig in visdamme gebruik word. Dit bedreig daarom nie die waterlewe in jou dam nie.

1: Verwyder alle los materiaal en ou bedekkings. Die pleisteroppervlak moet skoon, in’ n goeie toestand en vry van poeieragtige lagies wees. Moenie hierdie stap afskeep nie, aangesien swak voorbereiding later probleme kan veroorsaak. Maak ook seker dat geen stof, vuilheid of swak pleister agterbly nie.

2: Wend Evercure EM22 volgens die aanwysings op die verpakking op die voorbereide sementoppervlak

aan. Dit penetreer die pleister en verleen die nodige sterkte en vogbestandheid voordat die waterdigtingslaag aangebring word.

STAP 1: Voorbereiding

JUL 2026 GROND TOT MOND 13