Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 121

DIVERSIFIKASIE | VOLHARD

En dan is daar die maandelikse plaasmark waar plaasprodukte verkoop word en kinders uit laerskole die kans kry om te sien hoe dinge op’ n regte plaas werk. Hulle kan ook sien waar eiers, bokmelk en Pieter se tuisgemaakte bokmelkjogurt vandaan kom.

PLANNE WAT NOOIT OPRAAK NIE

’ n Mens is behoorlik uit asem ná’ n kuier by die Van der Westhuizens op Volhard. Hier is altyd iets aan die gang en nuwe planne wat wag.“ Pieter se planne raak nooit op nie. Elke stukkie grond word gebruik, en hy is nie bang om raad te vra nie,” sê Marietjie. Wanneer hy wel’ n uurtjie af het, gaan sit Pieter by sy bokke.“ As een van daardie boklammertjies na jou toe aanstap, ontspan jy en vergeet van alles.”

JUL 2026 GROND TOT MOND 121