Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 120

VOLHARD | DIVERSIFIKASIE

Dan is daar ook nog ongeveer 110 avokadopeerbome wat hy op aanbeveling van’ n vriend geplant het, en ook omdat Marietjie glo dat geen stukkie grond op die plaas onbenut moet bly lê nie. En die hoenders: Ongeveer 250 rasegte Potch Koekoeke het hul eie hokke en loop bedags vry op die gras rondom die huis. Snags slaap hulle in die hokke. Die eiers word verpak, en Pieter verkoop sommige daarvan wanneer hy nog drie dae van die week in die Kaap werk, terwyl die res plaaslik verkoop word. En, o ja, die bye: Sowat 30 korwe vol bye is hoofsaaklik aangeskaf om met die bestuiwing van die avokadopere te help, wat volgens Pieter 300 % beter dra wanneer die bye in die omgewing is. Die heuning sal ná die winter kom.

120 GROND TOT MOND JUL 2026