Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 116

VOLHARD | DIVERSIFIKASIE

Hulle het al hoe meer aan skoue begin deelneem, en hul beste posisies was’ n 9de plek in die ooiklas en’ n 7de plek in die ramklas by die Wêreldboerbokskou in Bloemfontein.“ Vir ons is dit’ n groot prestasie, want ons kompeteer teen 1 600 diere. Ek mik net daarna om een van daardie mooi rosette te kan wen. Vanjaar het ek besluit om aan die Noord-Kaap-veiling deel te neem, waar al die groot name betrokke is en almal daarna streef om daar te wen.“ Ek het met’ n bakkievrag van 7 ooie daar aangekom en’ n 6de plek verower. Ek was verheug,” sê Pieter. In 2020 het hy met’ n lam genaamd Balance die reserwegrootkampioenram in die Wes-Kaap geteel. Sedertdien begin al sy ramme se name met’ n B.

Onder: Pieter by een van sy stoetramme.

116 GROND TOT MOND JUL 2026