Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 115

DIVERSIFIKASIE | VOLHARD

ooie self hul lammers moet grootmaak; dat hulle sterk moedereienskappe moet hê sodat hulle die lammers op’ n goeie speengewig kan speen; en dat hulle behoorlike lengte en breedte, asook goeie vroulikheid, moet toon, om maar’ n paar te noem. Die toestand van die spene is ook belangrik: Bokke moet net een speen hê sodat die lammers die beste voeding kan kry. Hy het ook baie geleer oor genetika, lynteling en watter bloedlyne by sy ooie werk en watter nie. Hy het ook aan skoue begin deelneem, en sy bokke het goed presteer, met reserwekampioene en kampioene by die Wes-Kaapse boerboktelers en die Wêreldboerbokskou in Bloemfontein.

“ Volhard is’ n plaas waar deursettingsvermoë, veelsydigheid en nuwe planne hand aan hand loop.”

“ Die bloedlyn kom van die ramme af, en ek het met’ n Wikus-bloedlyn uit Tolla begin, wat goeie ooie gegee het. Balance was uit Wikus se teellyn. Nou het ek’ n bietjie van’ n sprong gemaak en gaan ek oor na die Lexus-lyn van Lukas Burger, een van die grootste name in die Suid- Afrikaanse boerbokbedryf.” Hy vertel dat hy maar moet rondsoek na geskikte teelmateriaal wat aan sy vereistes voldoen, en dat dit duur is om die beste bokke te koop. Pryse wissel van R10 000 tot soveel as R50 000. By nasionale skoue styg die pryse selfs verder, maar hy is baie selektief oor wat hy aankoop.

JUL 2026 GROND TOT MOND 115