DIVERSIFIKASIE | VOLHARD
Bo: Pieter van der Westhuizen melk’ n melkbok op Volhard, waar die bokmelk onder meer gebruik word om lammers te voer en tuisgemaakte bokmelkjogurt te maak.
“ Ek het ingenieurswese geswot en Marietjie BSc Agric, aanvanklik in natuurbewaring, maar later het sy na hortologie oorgeskakel. Sy kom van’ n plaas naby Montagu, en ek het met’ n plan gewerk, maar ek het nie geweet sy het’ n ouer broer wat ook wil boer nie,” spot hy. Marietjie vertel dat sy na hortologie oorgeskakel het omdat sy gehoor het dat vroue in natuurbewaring nie in die veld werk nie, maar net in kantore, en dit is nie wat sy met haar lewe wou doen nie. Sy het later landbou by Worcester Gimnasium gegee, terwyl Pieter in die Kimberleyomgewing vir De Beers gewerk het.“ Ek is toe na Botswana verplaas en ons moes trou,” skerts hy weer,“ want die langafstandkuier sou nie werk nie.”
JUL 2026 GROND TOT MOND 111