Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 110

VOLHARD | DIVERSIFIKASIE

’ N LEWE TEEN DUBBELSPOED

Wanneer’ n mens by dié besige landbouer aan huis kom, kom jy gou agter dat alles hier teen dubbelspoed gebeur. En geen wonder nie. Pieter het op sy dag aan die Comrades-marathon, ander marathons, die Cape Epic en Ysterman-byeenkomste deelgeneem. En vroulief Marietjie moet net byhou – nie dat sy nie ook op haar eie haar merk as’ n vooraanstaande rooskweker maak nie. Boonop boer sy ook nog met hoenders. Pieter se storie is’ n interessante een, met’ n loopbaan wat strek van atleet tot chemiese ingenieur, bokboer, hoenderteler, avokado- en olyfboer, en sommer honderedder so van die kant af. Marietjie vertroetel op haar beurt meer as 3 000 roosbome.

Bo: Die bokke word in krale naby die huis gehou, maar loop bedags vry om te wei.

110 GROND TOT MOND JUL 2026