Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 49
BROKKIES | NUUS
Ferdie Meyer, besturende direkteur van BFAP, het daarop gewys dat landbou in Suid-Afrika reeds getoon het dat groei moontlik is wanneer tegnologie en infrastruktuur belyn is. Tog bly logistiek, marktoegang en doeltreffende regulering kernuitdagings.
60 % Afrika het sowat 60 % van die wêreld se beskikbare bewerkbare grond, maar dié potensiaal word net werklik ontsluit as tegnologie, beleid en belegging saam beweeg.
Die paneel het afgesluit dat volgehoue belegging in tegnologie, opleiding en samewerking noodsaaklik is om voedselveiligheid, uitvoergeleenthede en inklusiewe groei oor die vasteland te bevorder.