Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 24

NUUS | BROKKIES

Peiling wys 34 % van boere oorweeg afleggings

As jy’ n minimumloon verhoog in’ n ekonomie wat nie groei nie, koop jy nie noodwendig waardigheid nie. Jy koop dikwels minder werk. Dít is presies wat Grond tot Mond bevind het toe ons’ n peiling onder produsente gedoen het ná die minimumloon-aanpassing in 2024: 34 % van boere wat reageer het, het aangedui dat hulle minder werkers gaan gebruik( afleggings), en 24 % het gesê hulle gaan werksure verminder. Met ander woorde: wanneer die koste van arbeid vinniger styg as die vermoë om dit te dra, word werk self dikwels die eerste ding wat geknip word.

24 GROND TOT MOND FEB 2026