Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 17

DEUR DIE LENS

min verlore, want alles vorm deel van’ n groter prentjie van doeltreffendheid en aanpas. Druiwe, rosyntjies,’ n bietjie vee, ander gewasse en saadproduksie in die winter, dit alles werk saam soos ratte wat mekaar aan die gang hou.

As Hannes oor boerdery praat, is daar altyd’ n mengsel van prag en geloof. Jy kan beplan, jy kan snoei, jy kan kos gee, jy kan jou kompos meng en jou prosesse fyn stel, maar uiteindelik bly jy uitgelewer aan die weer en aan die wagtyd van markte en skepe. En tog, elke seisoen begin jy weer.

Dalk is dit hoekom rosyntjies so mooi pas by’ n plek soos Boplaas. Dit is’ n produk wat tyd vat. Dit vra geduld. Dit vra kennis. En dit dra iets van’ n boer se volharding in hom, klein en donker soet, maar vol storie.

FEB 2026 GROND TOT MOND 17