Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 77

BROKKIES | NUUS

gesny . “ Ons gebruik grondvogproewe , weerstasiedata en ander metodes om net die regte hoeveelheid water toe te dien – nie ’ n druppel word gemors nie ,” verduidelik hy .

Die Sandveld speel ’ n kritieke rol in Suid-Afrika se

Navorsing toon dat Sandveldboere oor die afgelope dekade hul waterverbruik met gemiddeld 20 % verminder het .

aartappelmark , aangesien die streek vir 12 maande van die jaar aartappels kan produseer . Dit verseker stabiele toevoer en pryse landwyd . Willie Jacobs , uitvoerende hoof van Aartappels SA , waarsku dat selfs ’ n klein daling in produksie pryse dramaties kan beïnvloed .

“ In 2024 het droogtes in die Vrystaat en ryp in Limpopo gelei tot ’ n daling van net 1,97 % in nasionale produksie , maar aartappelpryse het gemiddeld met 37 % gestyg – en op sekere tye selfs met 172 %.”

FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 39