NUUS | BROKKIES
AfriForum se Ellisras-tak het saam met Saai en die plaaslike boeregemeenskap vir 13 dae gewerk om 25 miljoen liter water van paaie af te pomp ná groot oorstromings in Lephalale . Dit het 650 liter diesel en byna R23 000 gekos , wat deur die gemeenskap ingesamel is . Danksy AfriForum se noodfonds en Saai se bydrae kon ’ n 200 m pyp gekoop word om die proses te versnel – ’ n bewys dat selfstandigheid ’ n verskil maak wanneer rampe tref .
Die vloede het paaie versper en boere afgesny van noodsaaklike hulpbronne , terwyl Eskom nie plase kon bereik om beskadigde kraglyne te herstel nie .
“ Hierdie ramp wys hoe belangrik gemeenskapsfederalisme is . Gemeenskappe moet hul eie noodplanne hê om vinniger te herstel – of dit nou deur watersekuriteit , alternatiewe energie of noodvoorrade is ,” sê Tarien Cooks , rampbestuurspesialis by AfriForum .
Rampe hou groot uitdagings vir kwesbare gemeenskappe in en elke bydrae kan die verskil tussen oorlewing en ellende beteken .
Die gebrek aan rampbestuurbegrotings by munisipaliteite beteken daar is min voorbereiding of ondersteuning wanneer rampe tref . Eenvoudige instandhouding , soos
36 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025