KOEITJIES & KALFIES
FieldBugs bied ‘ n effektiewe alternatief vir chemiese beheer
( - Facebook )
Die gebruik van voordelige wespe as ‘ n natuurlike plaagbeheerstrategie neem vinnig toe in Suid- Afrika . Volgens Brahm Jonker van FieldBugs het sommige tafel- en wyndruifboere in die De Doorns-omgewing hul chemiese programme heeltemal gestaak ten gunste van hierdie biologiese metode .
Die vraag na biologiese oplossings het ook onder sitrusboere gestyg , aan-gesien hulle residuevlakke wil verminder en vroeër in die seisoen met biologiese beheer wil begin . FieldBugs teel spesies soos Anagyrus en Leptomastix wespe op groot skaal om in hierdie groeiende behoefte te voorsien .
Jonker merk op dat hierdie benadering nie net omgewingsvriendelik is nie , maar ook ekonomies voordelig vir boere .
Kontak FieldBugs vir meer inligting : Brahm Jonker , Tel : + 27 82 077 5940 , E-pos : brahm @ fieldbugs . co . za www . fieldbugs . co . za
FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 21