Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 39

KOEITJIES & KALFIES

OBARO Inter Unie 2025 : Waar jong boere saam groei !

( - OBARO )

Die derde OBARO Inter Unie vind van 28 Februarie – 2 Maart by Sediba Kwele buite Brits plaas ! Hier kry jong boere die kans om vriendskappe te smee , kennis te deel en mekaar se vernuf in 10 uitdagende aktiwiteite te toets . Die wenner stap weg met die Baas van die Plaas 2025-titel en R100 000 in prysgeld !

Met ‘ n feesatmosfeer , 38 borge , Ricus Nel se musiek en Hamilton Wessels as seremoniemeester , beloof dit om ‘ n naweek te wees wat jy nie wil misloop nie !

OBARO skep ‘ n platform waar jong boere nie net sake deel nie , maar ook vriende vir die lewe maak .

Ek het 10 hoenderhenne en ‘ n haan in ‘ n hok van 10 by 10 meter . Nou skielik vreet hulle die eiers . Raad asseblief !

( - Kom ons Boer )

Kalsiumtekort . My ma het altyd met hoenders geboer , en dit was my werk om elke dag seeskulpe fyn te maak sodat sy dit vir die hoenders kon voer . Die stukkies moet nie groter as 3 – 4 mm wees nie .

20 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025