DEUR DIE LENS
Vandag het hy meer as 18 jaar ervaring in die bedryf .
By Lievland werk hy nou saam met wingerdboukundige Theunis Bell . Hul benadering is eenvoudig : wyn word in die wingerd gemaak , en daarom is goeie samewerking tussen die wingerdbouer en wynmaker noodsaaklik . Theunis se verantwoordelikheid is om druiwe van hoë gehalte te verbou , aangepas by die spesifieke grond- en klimaatstoestande van Lievland . Dit sluit in die keuse van geskikte onderstokke en besproeiingstelsels om die beste moontlike grondstof vir wynproduksie te verseker .
Volgens Riaan moet ’ n wynmaker nie net sy eie voorkeure volg nie , maar ook die mark verstaan . Hy glo dat wyn balans moet hê , en oor die jare het sy styl verander van eksperimentele benaderings na ‘ n meer verfynde manier waarop hy die wyn ontwikkel .
Lievland bly steeds in ’ n ontwikkelingsfase , met nuwe wingerde wat jaarliks aangeplant word en ’ n kombinasie van eie druiwe en eksterne aankope wat die produksie aanvul . Die plaas se fokus bly egter op die volledige produksieproses – van druiwe verbouing tot bottelering en bemarking – alles vanuit een plek .
Besoek Lievland Vineyards : R44 , Stellenbosch , Klapmuts , 7600 | lievland . co . za
FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 13