‘ n Sleutelbestanddeel in hul dieet is swart soldaatvlieglarwes , wat gedroog en as aanvullende proteïen gevoer word . Hanu werk saam met ‘ n verskaffer en verkoop ook hierdie produk aan ander telers .
“ Die diere raak mal oor die kos en word baie mak as jy dit vir hulle voer .”
MARKGEREEDHEID EN VERKOPE
PLUIMVEE | HANU EN MARISCA WILSENACH
Hanu se fokus is op die eksotiese mark , veral met spesifieke kleure soos wit , liggrys , bont ( wit en grys gemeng ), en sjokolade-kleur tarentale . Die wit en swart tarentale is besonder gesog en moeilik bekombaar .
“ Mense koop hulle vir verskillende redes – sommige vir hul pragtige voorkoms , ander vir sekuriteit , en sommige vir vleisproduksie .
“ Mense koop hulle vir verskillende redes – sommige vir hul pragtige voorkoms , ander vir sekuriteit , en sommige vir vleisproduksie .”
“ Ek het arm grootgeword en my pa het hulle geskiet vir die pot , maar hierdie diere is soos my kinders ek kan hulle nie slag en eet nie ,” sê Hanu .
Die vervoer van pluimvee is ‘ n belangrike deel van die besigheid . Hanu maak gebruik van koeriers om bestellings van lewendige pluimvee regoor die land te stuur .
“ Die mark vir hierdie diens is baie goed ontwikkel en mededingend . Lugvervoer is ‘ n opsie vir uitvoer , maar ons gebruik dit nog nie .”
FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 57