Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 104

PLUIMVEE | HANU EN MARISCA WILSENACH

en uitgebroei om te toets of dit ‘ n suksesvolle tak van die besigheid kan wees . Die vraag was groot , en ons het besluit om dit verder te ontwikkel ,” sê Hanu .

Tarentale lê net gedurende ’ n sekere tyd van die jaar , gewoonlik van September tot Februarie , hoewel hulle verlede jaar tot einde Maart eiers gelewer het . Hulle lê gemiddeld 100 eiers per seisoen , en daar is verskeie maniere om inkomste te genereer – deur vrugbare eiers te verkoop of die eiers uit te broei om kuikens te verkoop .

BESTUUR EN SORG VAN TARENTALE

“ Tarentale is nie moeilik om te onderhou nie ,” sê Hanu . Teen drie weke is hulle goed ingeveer en vrek nie maklik nie . Anders as kommersiële hoenders , is hulle minder

Links : Surehatch SH2000 broeikas help om hoë sukseskoerse met broeiprosesse te behaal . Regs : Jong tarentale in verskillende kleure groei sterk en is gewild vir verskeie doeleindes .

FEB | MRT 2025 GROND TOT MOND 53