Grond tot Mond Feb-Mrt 2025 - Uitgawe 26 | Page 103

HANU EN MARISCA WILSENACH | PLUIMVEE

Wit tarentale is skaars en gesog vir hul unieke voorkoms .

Benewens hoenders het hulle Khaki Campbell-eende en ganse aangeskaf , wat al hoe meer gewild raak . Lêhoenders soos Lohmann ’ s is ook ‘ n kommersiële aspek van sy boerdery , wat baie goed presteer .

“ Ons het met een ding begin en toe stelselmatig na ander pluimvee-vertakkings uitgebrei sodat ons altyd iets het om te verskaf ,” verduidelik Hanu .

Hierdie strategie verseker volhoubaarheid en markstabiliteit .

TARENTAALBOERDERY : ‘ N MARK MET GROEI- POTENSIAAL

Een van die mees belowende nuwe vertakkings van hulle besigheid is tarentaalboerdery .

“ Ons het ‘ n paar jaar gelede bevrugte eiers aangekoop

52 GROND TOT MOND FEB | MRT 2025