GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 95

WAARDEKETTING | DIE OUTSPAN FARMSTAL
Russell hou van die Beefmaster / Brahmankruising omdat dit vir hulle die beste speenkalwers gee . Hulle het twee kalfseisoene .
sommer lukraak gedoen nie , maar elke stukkie grond word behandel volgens die uitslae van die monsters wat ontleed is . Die kalk en gips en ander organiese voedingstowwe word gevarieerd met presisie-implemente uitgestrooi .
Die mielies wat op droëland verbou word , word teen ’ n plantpopulasie van 50 000 plante / ha geplant en onder spilpunt word die plantpopulasie opgestoot na 70 000 plante / ha . Nie alle gedeeltes van die plaas is geskik vir gewasverbouing nie . Die beeste het 1 200 ha natuurlike weiding wat hulle kan benut . Russell sê hulle fokus op kommersiële beesboerdery en gebruik ’ n Beefmaster / Brahman-kruising omdat dit vir hulle die beste resultate lewer . Hulle het twee kalfseisoene en die wisselwerking tussen die aangeplante weidings , die oesreste en natuurlike weiding werk soos ’ n goed geoliede wiel wat elke seisoen aanhou draai . Wanneer die koeie kalf is die aangeplante weidings net reg vir benutting . Die weidings is hoog in voedingswaarde wat help dat die koeie genoeg melk produseer en groter kalwers speen .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 95