GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 94

DIE OUTSPAN FARMSTAL | WAARDEKETTING
BOER SAAM MET DIE NATUUR
Jaarliks plant JP 50 % van die lande met mielies en die ander 50 % met sojabone . Nadat die gewasse gestroop is , sal die beeste op die oesreste kom wei vir sowat twee maande en daarna geskuif word na die lande waar dekgewasse geplant is . Die lande waar sojabone onder droëlandtoestande verbou is , word direk na stroop met dekgewasse geplant . Op die spilpuntlande waar sojabone onder aanvullende besproeiing verbou is , plant JP koring direk nadat die sojabone gestroop is , mits daar genoeg water in hul damme is .
“ Ons probeer om altyd lewendige wortels in die grond te hê . Dit is een van die kritiese beginsels van grondgesondheid en herlewingslandbou ,” verduidelik JP . Die gewasse word onder geenbewerking verbou en direk in die oesreste geplant .
JP deel sy lande in vier dele op . Grondontledings word elke vier jaar op een van die dele gedoen om vas te stel hoe die grondgesondheid daar uitsien . Die regstellings word nie
94 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023