GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 92

DIE OUTSPAN FARMSTAL | WAARDEKETTING
kompos lyk amper soos grond . Dit is donkerbruin en het ’ n fyn krummelvoorkoms wat baie soos grond ruik .
Hy kry baie van die droë materiaal wat hy vir die kompos gebruik by die ATKV-oord nie ver van hulle nie af nie . “ Ek kry die blare daar want ek weet dit is gesonde blare wat nie chemiese middels bevat nie . Ek sal enige tyd droë plantmateriaal by mense in die omgewing gaan haal mits ek tevrede is met die gehalte en oorsprong daarvan .” Die blare word in houers gegooi waar dit oor tyd in kompos verander . Die houers word daagliks natgemaak .
Die kompos is binne ’ n paar maande gereed vir gebruik en is plant- en omgewingsvriendelik . “ Omdat ons net blare gebruik en geen mis of ander afvalprodukte soos skille en groente nie , is daar geen slegte reuke nie . Die gekontroleerde afbreek en opbouproses verhoed anaërobiese toestande en onaangename reuke . Die tee word gemaak deur ’ n paar emmers van die kompos op in slag in ’ n sak of houer met fyn gaatjies in die teetenk te gooi waarna dit toegelaat word om vir ’ n paar uur te week . Die goeie mikrobes wat in die kompos is , syfer dan deur in die water terwyl die soliede stukkies in die sak agterbly .
92 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023