GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 86

LIVING WATER / RAIN SPA | WAARDEKETTING
In Rain se produksie-aanleg hou Kate Bosch , Julius se vrou en ‘ n chemiese ingenieur wat aan die Universiteit Stellenbosch gekwalifiseer het , ‘ n wakende oog oor bedrywighede . Sy help ook met produkontwikkeling en verseker dat internasionale veiligheidstandaarde gehandhaaf word .
“ Ons maak natuurlike produkte vir persoonlike versorging en kosmetiese produkte , van badseep tot velsorg . Ons maak alles self met die hand , ons gebruik natuurlike bestanddele en en daar is deurgaans ’ n fokus op omgewingsvriendelikheid . Ons gebruik byvoorbeeld boorgat- en herwonne water en sonkrag in ons prosesse ,” beskryf sy .
86 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023