GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 85

WAARDEKETTING | LIVING WATER / RAIN SPA
“ Ons moet nou vir die toekoms beplan en wegkom van al die giwwe wat ons in die natuur insit . Ons moet daadwerklik poog om die ekosisteem te verbeter , iets wat ons binne agt jaar kan regkry ,” meen Julius .
In die Rain-aanleg is talle werkers besig met verskillende take – van die maak van klei-houers waarin aromatiese olies verhit word , tot die sny van kartonne en verpakking van produkte . Alle etikette met hul handelsname en produkbesonderhede word getrou aan hul credo self ontwerp , gesny en op produkte aangebring .
In ’ n ander gebou is ‘ n span van vyf vrouens en ‘ n man besig om Rain se reeks sagte speelgoed te maak .
“ Ons het ‘ n babareeks met items soos skoentjies , hoedjies , borslappe , voedingkussings , pantoffels vir ma en speelgoed soos sagte balle en ‘ n hasieen skapiereeks ,” vertel Anna Lena , wat al 15 jaar hier werk . “ Die materiaal word hier gesny en aanmekaar gewerk om landwyd in ons winkels verkoop te word ,” verduidelik sy met ‘ n groot glimlag .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 85