GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 84

LIVING WATER / RAIN SPA | WAARDEKETTING
en vaardighede wat ons tot ons beskikking het .”
Rain het bykans 400 produkte – van badolie , seep , fizz balls , tot hande- en lyfrome en bevogtigers , om maar ‘ n paar te noem . Aanvanklik het hulle op die geskenkmark gefokus , maar hulle het hul fokus aangepas in hul strewe om ‘ n verskaffer te wees van hoë kwaliteit nutsprodukte wat daagliks gebruik word .
Net natuurlike grondstowwe word gedurende die vervaardigingsproses in die fabriek op Dalrivier gebruik .
“ Ons probeer deurgaans so groen as moontlik werk – ons gebruik sonkrag en natuurlike produkte soos olyfolie , aalwyn , fynbosplante en blomme en selfs vrugte in ons produkte . Ons wil so min as moontlik skade aan die omgewing doen . Niemand kan sê dat hulle geen afval produseer nie , maar ons beperk dit . Ons is ook voortdurend besig met die ontwikkeling van nuwe produkte ,” sê hy .
84 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023