GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 64

PECAN STREAM | VOLHOUBAAR
Hierdie foto : Pekanneutbome is dors en hierdie rivier verkwik hulle .
Vervolgens betaal ek ʼn vaste jaarlikse tarief en moet regkom met die water tot my beskikking .” vertel Wessel .
Om dit reg te kry , is Wessel verplig , soos reeds genoem , om die bome se waterverbruik noukeurig te monitor .
Volgens hom is die belangrikste taak vir die pekanneutboer om sy grond te laat ontleed en watermonitors te installeer . Wessel se monitors meet die waterverbruik elke 100 ml tot op ʼn diepte van 1500 ml .
“ Dus vertel die monitor vir my ek het soveel water tot op die eerste 100 ml gebruik . Tot op 200 ml weer soveel . En so meer .” En daarmee saam het watertoediening baie afgeneem .
“ Want as jy gaan begin raai dit gaan netnou reën en jy gee nie water nie en dit reën nie . Of jy gee water en dit reën en jy dink die bome het nou genoeg vir drie dae is ʼn raairaai storie . Jy moet presies weet wat onder die grond aangaan .”
Dit is van kardinale belang . Bo
64 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023