GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 61

VOLHOUBAAR | PECAN STREAM
Hierdie foto : Bome vir die toekoms word hier gekweek .
VYF JAAR VAN REHABILITASIE
Die geboorte van hul droomplaas was nie ʼn sprokie nie . Die pekanneutbome was verwaarloos . Selfs die grondvoorbereiding was glad nie na wense nie .
“ Oor die afgelope vyf jaar het ons baie gedoen om die bome se strukture te verander en die grondgehalte te verbeter . Maar ons begin nou letterlik die vrugte daarvan sien . Die bome word sterker en produseer aansienlik beter . Alhoewel baie van die bome reeds volwasse is , produseer hulle nog nie volgens hul potensiaal nie . Ek glo egter die boorde gaan binne die volgende jaar ʼn geweldige sprong neem ” sê Wessel .
Terstond word twee keerwalle in die rivier gebou om die bome se heil te bewerkstellig en tot heil van die siele van mense te dien . 40 gelowiges is reeds aan die uitvloeikant ( kompleet met ʼn waterval ) van een van die walle gedoop . Terloops , 5 x 8 = 40 . En agt verteenwoordig oorvloed , welvaart en sukses . Oukei , dit is nou genoeg hiervan . Net ʼn laaste een : vyf verteenwoordig andersins verandering en om in verskillende en onbekende omgewings met baie nuwe moontlikhede aan te pas en te oorleef . En dit is hoeka Wessel en Lara .
Nietemin .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 61