PECAN STREAM | VOLHOUBAAR immer ʼn hartverskeurende ervaring . Desnieteenstaande vertel die ou gesegde : Die een se dood is die ander se brood . Verstaan egter : Wessel staan nie ander se dood voor nie . Eerder om den brode is hy ʼn begrafnismakelaar en vennoot in vele begrafnisondernemings . En nou ʼn vooruitstrewende boer .
Beswaarlik op die plaas en Natasha kondig aan sy wil op die plaas trou . Wessel smeek om ʼn jaar ter voorbereiding . Sy gee hom ses maande ( ek won-der stilletjies of vyf maande nie deurslaggewender sou wees nie ).
“ En daar begin ʼn sirkus . Ons het dag en nag gewerk om hierdie plaas voor te berei . Dit was uiteindelik ʼn sprokiestroue .”
Die kapel wat opgerig was vir die troue is boonop reeds vyf keer vir huweliksbevestigings gebruik .
Links : Vogmeters verseker elke boom verkry presies die regte hoeveelheid water op die regte gronddieptes .
60 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023