GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 59

PECAN STREAM ORGANIC FARM
Draai in by Pecan Stream Organic Farm se hekke in Skeerpoort ( in die omgewing van die Magaliesberge ) en ry in die laning omring met pekan-neutbome tot by die herehuis en jy sukkel nie net om jou oë te glo met betrekking tot die pragtige plaas nie , maar bowenal dat drome só waargemaak kan word .
“ Toe ons besluit het om ʼn plaas te koop het ons voorwaardes gestel . Lara wou een hê met damme . Ek met bome . Sy met ʼn rivier . Ek besluit toe sommer die rivier standhoudend wees . En waar kry jy só plaas teen ʼn prys wat ons sakke pas ?” Die antwoord : 5 x 5 = 25 . Boonop , toe ek en Mike ( fotograaf ) die plaas besoek , was
Wessel en Lara reeds vir vyf jaar aan die boer . “ Julle is nou hier in ons grace-jaar .” Terloops , om ʼn geliefde aan die dood af te staan , bly
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 59