GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 54

PEDROSKLOOF | BOERBOKKE
met bokke geboer het . Daar ’ s niks wat kan geldmaak soos ʼn boerbok nie . En dit is ʼn maklike som om te maak . Ooie het gewoonlik twee of meer lammers . En die ouens koop hulle lewendig by ons op ouderdom vier maande , wanneer hulle 40 kg weeg , teen R50 per kg , maal twee of meer .”
Tweelinge is egter nie die norm by skaap nie en indien die prys omgereken word na wat ʼn lewendige skaaplam werd is , kom dit neer op R2 000 vir ʼn skaaplam en R4 000 vir ʼn boklam .“ En skaap loop op jou prima plat gronde en bok op uitskotgronde .”
Die boerbok se grootste bate word uiteindelik sy tekortkoming . Berto se bokke lam in die veld aangesien dit ooie se moeder-eienskappe aanwakker . En dit gooi ’ n kuttel in die drinkwater .
“ Ek teel my bokke vir groter vrugbaarheid en kry drie- en vierlinge . Nou staan die ooi op om te loop , maar die dikgesuipte lammers lê en slaap . Dus moet jy vir die eerste veertien dae sorg dat sy by haar lammers bly om
54 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023