BOERBOKKE | PEDROSKLOOF foto ’ s van die vleispaleis op Facebook geplaas het , was die buurvrouens dit eens : daardie man kan enigiets op ons plase kom pienk verf . En met reuse sukses . Besoekers hou stil en neem foto ’ s van hulself agterop die bakkie en hulle besoek ook die restaurant om Sulene se skaapkop en afval te geniet . Sy bedien selfs afvalplatters sodat almal iets van alles kan proe .
Ons ry by die hek uit en Sulene sit reeds op ʼn klip met die verfkwas in die hand . Berto kyk eerder anderkant toe en wys hoe onlangse vloedskade sy grond verinneweer het .
“ Ek het ʼn boerbokstoetery om hierdie bergwêreld te kan benut . As hulle net nie so arbeidsintensief was nie en ons nie so met arbeid gesukkel nie , sou ek eintlik net
Berto vertel ons van die wolkbreuk wat die plaas getref het en sy drade en pale tot in Kleinzee weggespoel het . En die honderde duisende rande wat hy by Agrimark moes uitgee om die herstelwerk te doen . Nie baie langer as ’ n maand later nie tref die volgende een hom . Nóg derduisende . Maar hy vergewe die winkel aangesien hy ook sy wederhelf , Sulene , daar ontmoet het . Op pad by die hek uit sit Sulene hoeka langs ’ n oeroue bakkie wat sy pienk geverf het en nou met wit Namakwa-daisies versier . Bertho bekyk die storie iesegrimmig aan – asof ’ n pienk bakkie met blomme nie by sy plaas pas nie . En in my geestesoor hoor ek hoe hy dink : “ En sy het seker daai verf by Agrimark gekoop en ek moes daarvoor ook betaal .”
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 53