GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 52

PEDROSKLOOF | BOERBOKKE
na die sendingstasie te Leliefontein . Berto staan op om vir ons die plaas te wys . Sulene steek egter ʼn kortstondige stokkie voor . “ Ek stel voor , siende dat Mike foto ’ s van die plaas gaan neem , dat ek eers blomme op die pienk bakkie verf .”
Berto tuur tydsaam oor die vlaktes .
‘ n Antieke petrolpomp bekoor die ingang van die plaas .
TAAIBOS EN DIE ADONIS
Sulene bedryf Taaibos Plaasrestaurant op die plaas . Om die ingang na die opstal en die eetplek aanlokliker te maak , het sy ʼn ou bakkie by ʼn buurman gekry en dié pienk geverf . Berto het probeer teëkap deur te sê hy glo nie ʼn pienk bakkie pas by hom en sy plaas se beeld nie . Maar Sulene skakel oor na snelgang en besluit om die windpomp langsaan se skeppers óók pienk te verf . Berto se verweer : hy weier om so hoog teen ʼn leer op te klim – dit is roekeloos en hy is immers die vader van ʼn jong seun wat die volgende generasie boer moet word .
Sulene se oplossing kom in die vorm van ʼn voetslaner , ʼn kêrel met aanskyn wat vrouens se asems wegslaan . Adonis bied aan om die skeppers te verf , kaal bolyf en net getooi in ʼn knap kortbroek . Nadat Sulene
52 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023