GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 51

BOERBOKKE | PEDROSKLOOF
aan – wat nogal vreemd was vir daardie tyd , want gewoonlik het hulle so ʼn ou dadelik doodgemaak , want hy is mos nou ʼn inkommer in hulle gebied . Hulle het hom egter versorg en hy het saam met hulle begin trek . Maar , jy weet , hulle slaap mos nou amper elke aand op ʼn ander plek en dit het vir Pedro met sy Europese agtergrond nie lekker gepas nie . En toe die Boesman hier deurkom om in die Boesmanland te kom wild jag , het Pedro bo by ʼn fontein op hierdie plaas besluit tot hier en nie verder nie . En hy het dit reggekry om een van die meisies van die stam by hom te laat agterbly .
Ou Pedro het hom toe daar by die fontein gevestig . Met die eerste sendelinge en landmeters se aankoms in die 1800 ’ s , het hulle vir Pedro daar gekry . Die landmeter wat die plaas opgemeet het , noem toe die plek Vredelust as gevolg van die mooi uitsig oor die vallei en omdat dit so vredevol was . Maar dit het nooit gestick nie . My oorlede pa het nog die akte en kaart in sy kluis ( nogal onderteken deur Sir George Napier , Governor in Cape Town on behalf of Her Majesty Queen Victoria ) waarop die landmeter ‘ Vredelust ’ geskryf het , maar dit is later doodgetrek en na ‘ Pedro se Kloof ’ verander . Jy moet verstaan , ons Namakwalanders probeer mos ook om ons woorde bietjie te spaar en toe word dit Pedroskloof .”
Daardie jare kon boere grond in pag neem by die Britse owerhede en toe die grond aan die Archers toegeken word , het Pedro nie baie daarvan gehou nie . Die regering het hom nie as ʼn burger beskou nie , en hy en sy gesin verhuis toe
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 51