GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 46

PEDROSKLOOF | BOERBOKKE
Links : Boerbokke is bekend vir hul meerlinge . Tot vierlinge is nie ongehoord nie . Indien hulle nie so arbeidsintensief was nie , sou Berto nét met hulle geboer het . Links : Berto is die sesde geslag Archer wat hier boer . En hierdie is een van min plase in Namakwaland wat nog nie onderverdeel is vandat dit in 1841 opgemeet en toegeken is nie – en steeds in dieselfde familie se besit is . Regs : Ooie moet vir die eerste 14 dae naby hul lammers bly om die noodsaaklike bande te vorm , en dit verg arbeid .
NOMADE VAN PEDROSKLOOF
Berto : “ Hier waar ons sit , is ons op die skeiding tussen die somer- en winterreënvalstreke – dus die gebied wat die Namakwaland en die Boesmanland skei .” Indien jy op die skeiding sit , beteken dit jou vee wei gedurende die winter aan hierdie kant van die draad en in die somer aan die anderkant ?
“ Nee , ons is mos nomade . Sodra die eerste somerreën in Oktober in die Boesmanland val , trek ons die vee na die Pofadder-omgewing se grasvelde toe , en sodra die winterreën in die Namakwaland val , skuif ons alles weer terug .”
Berto is een van die min boere wat saam met sy vee in die Boesmanland gaan bly . Ten spyte van daardie wêreld se platheid .
“ Dit is absoluut noodsaaklik om by jou vee te wees sodat jy kan rekord hou van lammers wat jy verloor omdat die ooie hulle nie kan versorg nie of hulle in erdvarkgate val en dies meer . En dit is vir my lekker om daar te wees . My pa het
46 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023