GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 36

VAN GAALEN KAASMAKERIJ | KAAS
INHEEMSE VARIËTEITE
Desnieteenstaande is daar wel kaassoorte wat hier ontwikkel is en as eg Suid-Afrikaans beskou kan word . Ons beskik egter nie oor oerkase soos feta en camembert nie .
Hoe dit ook al sy , Victor reken jy kan van enige dier se melk kaas maak . Daar is egter uitdagings en ʼn goeie rede hoekom melkkoeie verkies word .
“ Tydens die kaastoere vra ons die kinders van watter verskillende soorte melk kaas gemaak kan word . Hulle antwoord natuurlik koei- , skaapen bokmelk . Dan vra ons of jy kaas van muismelk kan maak . Ja , jy kan , maar jy sal daagliks derduisende muise moet melk en sal nooit die nodige volume verkry nie . Dieselfde met olifante . Stel jou voor hoe groot jou drukgang sal moet wees . Die melkkoei is die aangewese dier . Dis die regte grootte en lewer die ideale hoeveelheid .”
Daarenteen laat weet Annelies dat skaapmelk die hoogste vlak bottervet
Hierdie foto : Goudakaas word in sout geweek . Hierdie proses verseker die regte soutsmaak en dien ook as natuurlike bewaarmiddel . Regs : Dan is daar ook bergfiets- en landlooproetes , vonkelwynen kaasaktiwiteite en natuurlik verskeie eetplekke .
36 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023