KAAS | VAN GAALEN KAASMAKERIJ het en dit is waar jou wins lê . Maar die volume is weer aansienlik laer . Dis seker daarom dat iets wat waar is , bekend staan as ʼn feit soos ʼn koei .
Terloops , Annelies het aanvanklik as ʼn stokperdjie begin kaas maak omdat sy nie van die plaaslike produkte gehou het nie . En die ironie is dat sy allergies is vir room en sy kan slegs klein hoeveelhede inneem .
VAN GAALEN SE GOUD
Van Gaalen Kaasmakerij is so Nederlands soos gouda en daarom maak hulle uitsluitlik daardie kaas .
“ Ons maak net die goudakultuur en dit sluit beide die ouer en jonger kase in . Ons maak ook agt verskillende gekruide kase , maar almal met die goudakultuur en -formule. Die ander kase wat ons in die winkel aanbied , koop ons by ander plase .”
Die rede vir hierdie enkelvoudige benadering is die feit ( weereens soos ʼn koei ) dat spore ( die kultuur ) soos leuens en kakkerlakke versprei . Victor kan byvoorbeeld nie bloukaas maak nie , aangesien sy gouda binne ʼn oogwink in blougouda sal ontaard . En dit is heiligskennis . Hulle sal ʼn ander perseel kilometers ver weg moet
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 37