GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 23

BROKKIES | NUUS

Varkbedryf se varkies in een hok ten spyte van kosteknyptang

Deur : Magda du Toit
ten spyte van baie uitdagings is die suid-afrikaanse varkbedryf op goeie voet en optimisties oor die toekoms .
Die huidige omgewing waarbinne die varkbedryf funksioneer verskil drasties van dié van 30 jaar gelede . “ Baie van die reëls wat toe geldig was , spreek nie meer vandag se uitdagings en behoeftes optimaal aan nie . In die toekoms sal produsente innoverend moet kyk na koste-doeltreffendheid en veerkragtig en aanpasbaar moet bly . SAPPO is goed geposisioneer om die totale bedryf te ondersteun op die pad na volhoubare vleisproduksie .”
So het Johan Kotzé , Hoofuitvoerende Beampte van SAPPO die mediainligtingsessie wat in Pretoria aangebied is , ingelei .
Hy het beklemtoon dat voedselsekerheid ongelooflik belangrik is . “ Ongeag waarmee ’ n produsent boer of hoe mens in landbou betrokke is , voedselsekerheid , wat biosekuriteit insluit , is tans die belangrikste fokuspunt in ons land .”
Volgens Johan is die oorgrote meerderheid van die 528 varkprodusente in Suid- Afrika , klein produsente wat net ‘ n paar varke aanhou met ’ n gemiddeld van 1,6 sôe per eenheid . Slegs 77 produsente hou meer as 500 varke aan . Die 11 boere wat meer as 2500 diere aanhou , het ‘ n sogpersentasie van 36 %. In totaal is daar sowat 144 000 vroulike diere wat vir teeldoeleindes gebruik word .
Die styging in graanpryse die afgelope jaar het ‘ n geweldige invloed op produksiekoste gehad . “ Die styging van die mielieprys het meegebring dat 75 % van die varkboer se koste met 41 % gestyg het ,” aldus Kotzé .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 23